Die hoë prys van misdaad in SA;Dr. Adelbert Scholtz; Burger, 03/10/2006
Die hoë vlakke van misdaad in Suid-Afrika benadeel die sielkundige gesondheid van ons bevolking ernstig. Dr. Adelbert Scholtz, n sielkundige en teoloog van Somerset-Wes, doen n beroep op kerke en gemeenskapsorganisasies om meer betrokke te raak. DIE jongste misdaadstatistieke is pas bekend gemaak. Dit bevestig wat die meeste inwoners van hierdie land lankal weet: misdaad het handuit geruk en is op onaanvaarbaar hoë vlakke. Die prys wat Suid-Afrikaners daarvoor moet betaal, is hemelhoog....
Sonskynland word n land van trane; Nagwaak: Moordslagoffers onthou; SA word bevlek deur misdaadsyfer, sê Anthony Sher; Burger, 09.10.2006
Naasbestaandes van moordslafoffers landwyd het Saterdagaand hier bymekaar gekom om seker te maak hul geliefdes word as meer as net moordstatistieke onthou. Naasbestaandes het hul verhale met mekaar gedeel en onderling ondersteuning gebied terwyl hulle kerse, wat elke n slagoffer voorstel, vasgehou het. ...
|
Redes vir betrokkenheid |
![]() |
Ons liefde vir die Here en ons streek en sy mense bly die enigste rede vir ons betrokkenheid. Ons glo egter dat ons liefde geopenbaar moet word deur werklike dade en nie net goeie bedoelings en woorde nie. Ons glo ook dat daar ontwikkeling en positiewe groei daarin lê om uit te reik na ander, daarom probeer ons sover moontlik om gemeentes en individue te motiveer om betrokke te raak by die leed van ander. So 'n bedieningspatroon wat oor gemaksones na buite fokus hou baie positiewe gevolge in. Eenheid en Ekumenises samwerking is nog iets wat 'n groot simboliese bydrae kan lewer tot die streek. |
|
Die Here vra ons om dit te doen, nie net ter wille van ander nie, maar ook ter wille van onsself. Twee verdere aspekte wat ons motiveer om betrokke te raak is misdaad en armoede. Ons moet nooit misdaad of armoede verromantiseer nie. 60 moorde per dag is niks om oor te romantiseer nie. Misdaad en armoede verniel mense en kweek diep gevoelens van onwaardigheid en onmenslikheid. Na die onlangse grusame moord van Ds Stefan Louw het ons opnuut besef dat niemand verhef is bo hierdie vlaag van misdaad kultuur nie en dat nie net kerke en kerkleiers nie, maar ook organisasies soos SWAM en sy ondersteuners uit die buiteland aktief moet deelneem aan die stryd teen misdaad. Mens kan jouself maar net die vraag afvra of dit dan demokrasie is waar Suid Afrikaners op die oomblik minder vryhede geniet as OOIT tevore? Ons besef egter om buite te staan en te kritiseer gaan geen oplossing inhou nie.Goeie bedoelinge en voorwensels help ook niks as dit nie tot aksie oorgesit word nie. Dit is soos geloof, ons weet tog dat geloof sonder dade nie werklike geloof is nie. Woorde wek maar dade strek dit wat ek doen is belangriker
as wat ek sê. |
Die ironie is dat rykdom en voorspoed ook gevoelens van onwaardigeheid kan kweek. Voorspoed kan mense oppervlakkig, onsensitief en onmenslik maak. In só 'n situasie word die kontak met armes ons redding en ons leerskool. Deur hul oë sien ons kante van die lewe wat ons op ons eie nooit sou gesien het nie. |
|
Meer nog: ons begin kante van God se liefde en genade en sorg sien wat ons in ons voorspoed nooit sou raaksien nie. Dan verstaan 'n mens ook skielik Jesus se woorde dat dit saliger is om te gee as om te ontvang. As 'n mens uitreik en betrokke raak by mense in nood, kry jy uiteindelik veel meer as wat jy gegee het. Ons word ook geseën om vir ander tot seën te wees - só sê die Here reg aan die begin aan ons geloofvader Abraham. Die Here is goed vir ons omdat Hy hoop om ons deur sy goedheid tot bekering te bring: die soort bekering wat ons oë en harte oopmaak vir God en ons naaste. SWAM is gevolglik by die gemeenskappe in die streek betrokke omdat ons daardeur die Here wil dien, en nie bloot net om die wêreld te behaag nie. Verkeerde motiewe rondom betrokkenheid moet totaal verwyder word. Betrokkenheid is nie om na die pype van mense te dans of om in die samelewing se goeie boekies te bly nie. Betrokkenheid is omdat die Here dit vra en ons moet dit doen op die manier wat Hom gelukkig maak. |