We like to share some News Headlines as published in local newspapers and list it in the language it was published and received.

Saamgestel deur ABID;

Kerk 'sal wêreld oor SA moet waarsku', Jan 02 2007 11:05:03:130PM - (SA) , Neels Jackson


PRETORIA. - Die tyd kom vinnig nader dat kerklui deur hul gewetes verplig gaan word om Christene oor die wêreld heen te waarsku oor die gevare om die "land van bloedvergieting" te besoek waarin die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 gehou gaan word.
So waarsku dr. Isak Burger, president van die Apostoliese Geloof-sending, in 'n Nuwejaarsboodskap.
Burger sê die nuwe jaar hang soos 'n donker wolk oor Suid-Afrika - en dit het grootliks te doen met die onvermoë of gebrek aan wilskrag van die regering om die geweld en misdaad in die land te beëindig.
Burger sonder ook ander knelpunte in Suid-Afrika uit, soos vigs, werkloosheid, armoede, die verval van moraliteit en gesinswaardes, korrupsie en witboordjiemisdaad en die noodsaak dat die kerk 'n groter rol speel in versorging en die heling van die samelewing.
Hy meen egter die gereelde voorkoms en omvang van wreedheid en geweld in Suid-Afrika plaas die land byna in 'n klas van sy eie in die wêreld. Dit noodsaak byna die afkondiging van 'n noodtoestand.

Kerkleiers onrustig oor Selebi-Sage; Beeld, 22.11.2006, , Neels Jackson

Kerkleiers is steeds nie heeltemal gerus oor die manier waarop pres Thabo Mbeki die vrae oor komm Jackie Selebi, nasionale polisiehoof, hanteer nie.... Kerkleiers se reaksie kom nadat Mbeki eergister vir ‘n groep leiers uit verskillende godsdienste gevra het om hom te vertrou in sy hantering van die saak. Hy het gesê hy het nie genoeg getuienis om teen Selebi op te tree nie... Gister het dr Coenie Burger, moderator van die NG Kerk, egter gesê dit sou tog beter gewees het as Selebi self sou terugstaan. As hy die proses wou dien, sou hy dan kon vra dat ‘n ondersoek gedoen word sodat daar klaarheid kan kom...

Uit gesprekke met sakelui wat met die regering saamwerk in die stryd teen misdaad, het Burger ook die terugvoering gekry dat die sakelui aanvoel dat die regering werklik ernstig is...

NG Kerk moenie grondeise alleen takel, Die Burger, 10.11.2006, p 6, Neels Jackson PRETORIA

Die NG Kerk moenie alleen die probleem wat grondeise vir sy lidmate inhou, aanpak nie. Hulle moet dit eerder saam met hul swart susterkerk doen. Dít is die mening van prof Thias Kgatla, moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK). Kgatla sê die kerke moet keer dat grondeise ‘n swart-wit-kwessie word. Dít kom nadat reaksie uit verskeie streeksinodes van die NG Kerk laat blyk het dat die onsekerheid wat deur grondhervorming op die platteland geskep word, lidmate ook negatief oor kerkeenheid laat dink... Hy meen die NG Kerk en die VGK moet hande vat. Pleks daarvan dat grondhervorming dan ‘n stryd tussen wit en swart word, kan gelowiges saamstaan om te probeer verseker dat daar nie onreg geskied nie.

Kerke roep politici op teen misdaad; Die Burger, 13.11.2006, p 9, Neels Jackson - PRETORIA

‘n Wye spektrum van kerkleiers het die regering tot verantwoording geroep oor misdaad en geweld. In ‘n verklaring an 31 kerkleiers wat byna al die land se grootste kerke verteenwoordig, word gesê onder meer die primêre verantwoordelikheid vir die stryd teen misdaad is die regering s’n.... “Byna 19 000 moorde, 55 000 aangemelde gevalle van verkragting en 500 000 gevalle van gewelddadige interpersoonlike misdaad per jaar is absoluut onaanvaarbaar.”... Die kerkleiers sê landsburgers kan verwag dat die staat hulle teen misdaad en geweld sal besekrm... Terwyl die regering die eerste verantwoordelikheid vir die stryd teen misdaad dra, wys die kerkleiers ook daarop dat die kwessie so moeilik en omvangryk is dat niemand, ook nie die regering nie, dit alleen sal kan oplos nie. Hulle wil hulle ook beywer vir ‘n nasionale alliansie waarvan die kerke, nie regeringsinstellings, regering, sakesektor en onderwysinstellings deel kan wees...

Weggejaag uit Zimbabwe; Dogter was land se enigste swemmedalje-wenner in Senegal; Die Burger, 27.10.2006, p 26,

Barnabas Thondhlana HARARE - Vat jou goed en trek, moes die Richter-gesin van Zimbabwe onlangs hoor... Mnr Bruce Richter en sy familie wat op die spogplaas Redsands in Chipinge, sowat 410 km oos van Harare, geboer het, vertrek môre na Nieu-Seeland. Nie eens die feit dat Richter en sy vrou Sharon se dogter Samantha (17) Zimbabwe se enigste medalje-wenner by die onlangse Afrika-swemkampioenskapsbyeenkoms in Senegal was, sal dié situasie kan omkeer nie. Die Richters ... moes hul drie honde gister aan die slaap maak omdat hulle nie saam met die gesin kan verhuis nie... “Ek is in die middel van die nag aangesê om my plaas te verlaat terwyl ‘n AK47-aanvalsgeweer en ‘n handpistool op my gerig is... Hulle het ook met tee en gom geboer en het sowat 400 mense van werk voorsien...

Kerklike revolusie ook in SA te sien, sê kenner van VSA, Beeld 18.10.2006, p 6, Neels Jackson

“Ek belowe julle dat die meeste mense in julle kerke God nie eerste plaas in hul lewens nie. As hulle dit gedoen het, sou hul lewens radikaal anders gleyk het.” Só het mnr George Barna, ‘n Amerikaanse navorser, gister in Pretoria aan’n gehoor van hoofsaaklik predikante gesê...

Ek trou nie gays,’ sê Ray; Rapport, 22.10.2006, p 20, Mareta Bellingan

Pastoor Ray McCauley sal nie ‘n gay persoon sy kerk belet of hom probeer “genees” nie. Maar terselfdertyd sal dié charismatiese kerkleier nie twee mense van dieselfde geslag in die huwelik bevestig nie. “Ons het deur die jare baie verander. Vandag is ons skaam oor sekere goed waaraan ons ‘n kwarteeu gelede geglo het,” sê dié stigter van Rhema Ministries wat nou in die luukse woonbuurt Eastmore in Umhlanga Rocks woon. “Wie weet hoe dink ons oor tien jaar? Maar ek kan nie gay mense trou nie. Net soos ek nie voorhuwelikse seks tussen hetersoseksuele paartjies goedkeur nie. Dit druis in teen my beginsels.”

Kerk moenie kinders se opvoeding oorneem, maan VSA-kenner; Beeld, 19.10.2006, p 6, Neels Jackson

Kerke se kinderbedienings mag nooit die rol van die ouerhuis probeer oorneem in die geestelike opvoeding van kinders nie. Dié boodskap is gister in Pretoria deur die Amerikaanse navorser mnr George Barna beklemtoon op ‘n dagseminaar oor kinder- en jeugbediening... Volgens Barna weet die ouers nie hoe om hul kinders geestelik te ontwikkel nie, want hulle het self min geestelike diepte. Minder as een uit tien gesinne bid en lees saam uit die Bybel as ‘n mens nie rympiegebede met etes tel nie... Hy het gemaan daarteen dat kerke in die slaggat trap om self die leemte probeer vul wat ouers laat....

Kerkleiers het plan teen misdaad; Beeld, 18.10.2006, p 4, Neels Jackson

Kerkleiers gaan ‘n dringende ontmoeting met pres Thabo Mbeki aanvra om hul ernstige kommer oor die misdaadkrisis in die land aan hom oor te dra....

‘Slaan op die tromme’ vir optrede teen misdaad, sê NG gemeente; Beeld, 19.10.2006, p 4, Neels Jackson

Dis tyd dat almal op die wa klim en hard op die tromme slaan om te sê iets moet nou aan misdaad gedoen word. Só gesels ds Jannie Pelser, predikant van die NG gemeente Rant-en-Dal, oor die profetiese protes teen misdaad wat gister op inisiatief van sy gemeente in ‘n volbladadvertensie in Beeld verskyn het..

Zim-model antwoord vir SA?; Beeld, 17.10.2006, p 8, Nicolize Mulder

Nóg meer onteiening en ‘n model geskoei op grondhervorming in Zimbabwe behoort die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper in Suid-Afrika te vervang. Dít is van die radikale verandering aan die regering se grondhervormingsbeleid wat glo vervat is in besprekingsdokumente van die departement van grondsake... Mnr Glen Thomas, direkteur-generaal van grondsake, wou gister nie die dokumente bespreek nie, maar het ten sterkste ontken dat dit die standpunt of beleid van die departement of ministerie verteenwoordig...

Tyd raak min vir Zimbabwe se wit boere; Beeld, 19.10.2006, p 17, Barnabas Thondhlana

HARARE - Die uurglas loop leeg vir die sowat 400 oorblywende wit Zimbabwiese boere wat hul grond binne 35 dae moet ontruim... Ingevolge die 2005-grondwetwysiging is eienaarskap van alle plase wat aan wit boere behoort het, aan die staat oorgedra.

Nóg wit Zim-boere van hul plase gesit; Die Burger, 24.20.3006, p 4, Sapa-AFP

HARARE - Minstens nóg 40 wit boere in Zimbabwe het opdrag van die regering gekry om landboubedrywighede te staak en hul grond te verlaat, het ‘n boerevereniging gister gesê... Minder as 500 wit boere is in Zimbabwe oor nadat die regering van pres Robert Mugabe ingevolge die grondhervormingsprogram op minstens 4 000 plase beslag gelê het... Die minister het gesê die regering is van plan om voort te gaan met die program, wat hy beskou as noodsaaklik “om historiese ongelykhede uit te wis wat deur die koloniale besetters veroorsaak is”.

Ds Stefan Louw bly onmisbaar; deur Gudrun Thiele, Faerie Glen; Beeld, 21.09.2006

Etlike maande gelede het ek ’n briljante artikel van ds. Stefan Louw onder die opskrif Die debat oor Skrifgesag (in die Vrye Afrikaan) in my dagboek geliasseer. Ek haal graag die kerngedagte aan: ‘Die Kruis is die skandaal waarby geen aanspraakmaker op gesag kan verbykom nie. Uiteindelik, die bebloede Woord, die gebroke lyf, die dorstende lyf, die sterwende lyf. Wie op die gesag van die Woord aanspraak maak, maak hierop aanspraak, of op ’n afgod. Voor hierdie Woord mag jy nie buig sonder om eers jou vingers in sy wonde te doop nie.’ Saam met almal aan wie ds. Louw (34) in sy kort lewe die gebaretaal van die liefde van Christus gebring het, wil ek sy nagedagtenis eer. Hy sal vir ons land en sy mense onmisbaar bly.

Ontsteltenis, hartseer oor moord op leraar; deur Louis Becker, Stellenbosch; Rapport, 24.09.2006

 

 

NEUTEDOP (Afrikaans)
REDES VIR BETROKKENHEID (Afrikaans)