|
SWAM in 'n Neutedop
SWAM is die inisiatief van vele wat saamwerk vir dieselfde visie. Die sukses van SWAM is grootliks te danke aan die samewerking van die kerk uit Suid Afrika, Namibië en Angola, tesame met die ondersteuning vanuit Noord Amerika. Die idee is om persone, gemeentes en organisasies in Noord Amerika meer betrokke te kry in die SWAM streek. Ons voel dat SWAM as vennoot met plaaslike Gemeentes in ons streek 'n tasbare verskil kan maak in mense lewens. Daarom glo ons uit die staanspoor ook dat daar genoeg kerke in ons streek is en die klem moet eerder val daarop om 'n werklike en tasbare verskil te maak eerder as om leë vroomheid aan te hang wat net bedwelming en valse hoop aan ons streek en mense bied Jaco Jacobs tree op as Besturende direkteur van SWAM. Verder bestaan die uitvoerende raad uit Ds. John Haycock (Abbotsford, BC) , Dr Paul Etheridge (Prince Rupert, BC), Dr Norman Parkin (Abbotsford, BC), Pieter Kirsten (Edmonton, AB), Dr Lourens Perold (White Rock, BC), en Ds.Lukas Scheepers (Brandon, MB). |
|
Die doel
van SWAM is om betrokke te wees in die lief en leed van medegelowiges
en sodoende humanitêre hulp, ontwikkeling en finansiële- en
gebedsondersteuning vanaf Christene in die Weste aan sending en plaaslike
gemeentes in die SWAM teikenarea te bied. Die teiken area was oorspronklik, en steeds in 'n groot mate, die Boesman sending gemeentes in Namibië. Werk hier is baie ontwrig deur die destydse Grens/Bos Oorlog. Baie van die Boesmans was betrokke in die oorlog en sommiges het ook agv die oorlog gevlug van Angola na Namibië. Agv die toestand na afloop van die oorloë in die streek, het SWAMook betrokke geraak by nood onder medegelowiges in die Suid Angola streek. SWAM se betrokkenheid is deesdae nie beperk tot bgd'e nie. Gevolglik is daar by ander dele in die streek waar gemeentes ondersteun kan word om opheffing-, ondersteuning- en uitreikings werk in die gemeenskap te doen. Ons betrokkenheid bv in Suid Afrika is hoofsaaklik gemik daarop om geloof en hoop te versterk.Ons fokus is op mede gelowiges en gemeentes. |
|
SWAM neem gereeld deel aan sending skoue en konferensies oor Noord Amerika met die oog op nuwe ondersteuning en netwerking. Weereens is die netwerking met ander oud Suid Afrikaners in Noord Amerika van onskatbare waarde. Die visie van SWAM is dat die liefde en toegewydheid van ons betrokkenheid, geloof en hoop sal aanwakker in areas waar dit nodig is. |